Afrikaanse musiek946 Videos

Fred Wooldridge – Penniefluitjie kwela
0
02:21

Fred Wooldridge – Penniefluitjie kwela

Alfred Wooldridge is op 5 Februarie 1928 op Bakerville in die Lichtenburg-distrik gebore, maar sy ouers het na Krugersdorp verhuis toe hy 10 jaar oud was. Hy was aanvanklik op skool by die Krugersdorp-Wes Afrikaanse Medium skool, en het daarna matriek geskryf aan die Randfonteinse Ambagskool. Na skool het hy hom in die Ingenieursbedryf bekwaam […]
Billy Vaughn – Melodie van liefde (Melody of love)
0
02:34

Billy Vaughn – Melodie van liefde (Melody of love)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National […]
Sewus van Rooyen – Eldoret se maan
0
01:34

Sewus van Rooyen – Eldoret se maan

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Virginia Lee met Dan Hill sy Orkes en Koor – Hoe beier die klokke
0
02:26

Virginia Lee met Dan Hill sy Orkes en Koor – Hoe beier die klokke

Virginia de Jager is op 27 Junie 1927 in Port Elizabeth gebore en het haar skoolopleiding aan Noordeinde Grey in Port Elizabeth en aan Victoria Meisies Hoër in Grahamstad ontvang. Op skool het sy uitgeblink in swem en duik en selfs provinsiale kleure vir laasgenoemde verwerf. Na skool het sy as toonbankassistent en klerk by […]
Gé Korsten – My Nuwejaarswens aan jou
0
02:56

Gé Korsten – My Nuwejaarswens aan jou

Gerard Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland, gebore en het in 1936 saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. Ná skool het hy sy vakleerlingskap as elektrisiën voltooi en sy eie elektriese kontrakteurs besigheid in Pretoria begin. In hierdie tyd het hy aangesluit by ‘n koor bekend as die “Minnesangers”, waarvan Mimi […]
Louis van Rensburg – Ons ou plaashuis
0
02:02

Louis van Rensburg – Ons ou plaashuis

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Ruben Lennox – Laatoes a la carte
0
02:50

Ruben Lennox – Laatoes a la carte

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, […]
Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Marina
0
02:46

Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Marina

James Richard William Rayson is op 13 Desember 1923 in Wynberg, Kaapstad gebore waar sy pa werksaam was by die destydse Spoorweë & Hawens. Die familie het later verhuis na Mosselbaai waar Jimmy in skoolkonserte en tydens byeenkomste van die debatsvereniging gesing het. Na matriek het hy aangesluit by die Weermag en het tydens die […]
Kupido – Vanaand verlang ek
0
03:36

Kupido – Vanaand verlang ek

Johannes Matheus Wessels is op 28 Oktober 1953 in Lusaka in die destydse Noord-Rhodesië (nou Zambië) gebore, en het ook sy skoolloopbaan daar voltooi. Hy het in ‘n Engelse gesin grootgeword en was die oudste van 12 kinders. Reeds op skool het hy in konserte begin optree en het later sy eie groep, Big Gold […]
Jurie Ferreira met Nico Carstens & Sy Orkes – Die woudprinses
0
03:31

Jurie Ferreira met Nico Carstens & Sy Orkes – Die woudprinses

Johannes Jurgens Ferreira is op 3 Maart 1921 in Ventersdorp in die Noordwes Provinsie gebore. As kind het hy en sy tweelingbroer, Ben, gereeld saam met hulle pa, Jurie Ferreira Sr, gesing terwyl hy hulle op die kitaar begelei het. In 1936, as 15-jarige, het Jurie se pa hom Johannesburg toe geneem vir sy eerste […]
Glenys Lynne – My hart het ‘n kleine venster
0
02:59

Glenys Lynne – My hart het ‘n kleine venster

Glenys Lynne Mynott is op 5 Mei 1945 in Boksburg gebore. As kind het sy ballet klasse en klopdanse geneem, en vanaf die ouderdom van 12 het sy met sanglesse by Al Preston in Johannesburg begin. Sy het haar eerste talentkompetisie, die landwye “Search For Talent”, gewen toe sy 14 jaar oud was, en haar […]
Ronny Belcher – Ramkat
0
02:50

Ronny Belcher – Ramkat

Ronald Kenneth Belcher is op 4 Oktober 1957 in Goodwood, Kaapstad gebore. Hy het op die ouderdom van vier begin sing, en het op nege die sang- en drama-afdelings van ‘n Johannesburgse kunswedstryd gewen. In matriek aan die Hoër Handelskool Tygerberg, het hy die ATKV se prys as toneelspeler van die jaar ontvang vir sy […]
Glenys Lynne – Agadoe
0
02:22

Glenys Lynne – Agadoe

Glenys Lynne Mynott is op 5 Mei 1945 in Boksburg gebore. As kind het sy ballet klasse en klopdanse geneem, en vanaf die ouderdom van 12 het sy met sanglesse by Al Preston in Johannesburg begin. Sy het haar eerste talentkompetisie, die landwye “Search For Talent”, gewen toe sy 14 jaar oud was, en haar […]
Paul Robinson – Groen koringlande
0
02:32

Paul Robinson – Groen koringlande

Paul Patrick Robinson is op 13 Oktober 1925 in Thaba Nchu gebore as die jongste van drie kinders (broer Jimmy en ‘n suster Lorna). Sy ouers het gereeld verhuis en so het hulle in Ladybrand in die Vrystaat, asook in Jansenville, Alexandria en Grahamstad in die Oos-Kaap gewoon. Paul het van kleins af ‘n natuurlike […]
Jo Black – Storms (Official Audio)
0
03:30

Jo Black – Storms (Official Audio)

Music video by Jo Black performing Storms (Official Audio).(C) 2026 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd / Precision Recording Studio (Pty) Ltd
Hansie Roodt – a. Wheels b. Daspoort vastrap
0
02:30

Hansie Roodt – a. Wheels b. Daspoort vastrap

Hansie (Johannes Petrus) Roodt is op 28 Augustus 1938 in Krugersdorp gebore, maar het in Carletonville groot geword. Hy het leer kitaar speel by sy pa en broer, Roy, beide baie bekwame musikante. Hy het aan Hoërskool Carletonville matrikuleer, en het daarna as 'n myn-opnemer in Carletonville begin werk. In 1962 het Hansie die geleentheid gekry om saam met Al Debbo te toer, en het na drie jaar saam met Al by Nico Carstens se orkes aangesluit. In 1967 het hy ‘n solo loopbaan begin volg, hoofsaaklik as ‘n sessie-musikant vir die SAUK en vir die EMI-platemaatskappy. Afgesien van sessiewerk in die ateljee, het hy ook kunstenaars soos Gene Rockwell, Bobby Angel, Barbara Ray, Lance James en Dan Hill begelei. In 1983 is hy aangestel as leier van die Suid-Afrikaanse Polisie-Dansorkes wat op amptelike polisiefunksies gespeel het. Die orkes het in 1984 die tweede plek in die TV boereorkeskompetisie behaal, en het in 1986 gewen. Hansie het in 1966 die album, “Hier Is Hansie!!!” (sy eerste van vele), uitgereik, en het ook tydens sy loopbaan ‘n groot aantal liedjies self geskryf. Hy het in Pretoria gewoon tot en met sy dood op 16 September 2005. Hierdie liedjie is in 1970 op die album "Opskud Party" uitgereik.
Vicki du Preez – Dink aan my
0
02:54

Vicki du Preez – Dink aan my

South African artist, born Vicki Groenewald on 2 August 1946 in Westdene, Johannesburg. She was educated at Jubileum Primary School in Mayfair West and at D.F. Malan High School in Crosby. Her father had a jazz band in the 1940s and 1950s, which motivated her to start singing at the age of 3. At school she regularly appeared in concerts and operettas. In 1972 she started singing with various bands, until she met Bez Martin and an audition at the SABC followed, resulting in this transcription record with Theo Erasmus and his Orchestra. In 1976 she was offered a recording contract, and several 7” singles followed, including “Totsiens Aufwiedersehen” which reached #12 on the South African Top 20 in 1977, charting for 7 weeks. She also appeared in various television shows, including Ateljee 4, Treffers, Sing Country, Spies en Plessié and Skemertyd, and regularly performed with her band Vision. This song is off the SABC Transcription Record “Nou Soek My Hart Die Sonskyn”, with Theo Erasmus and His Orchestra, released in 1975.
Die Kavalier – Klein Karoo
0
03:44

Die Kavalier – Klein Karoo

Die Kavalier is a pseudonym used by South African artist, Malcolm Watson, better known as the lead guitarist with The Rising Sons, a group formed in Pietermaritzburg in 1966 by Rod Kielly (lead vocals), Andy White (bass, ex Vampires), Gerard Hawes (keyboards, harmonica, guitar), Dave Campbell (drums) and Watson. The Rising Sons had a number of South African Top 20 hits, with "How do you do" going to #4 in 1972 and "Going down Jordan" to #7 in 1973. Malcolm Watson was born in Zambia, but emigrated to South Africa with his parents as a child. He started his first group, The Statesmen, while still in high school, thereafter joining The Rising Sons for 6 years. He then moved on to the short-lived group, The Music Corporation, before embarking on a solo career as Mally, subsequently releasing a number of 7” singles, including Louie Louie / There Are More Questions Than Answers (1973), This Is Sunshine Music / Show Me The Way (1974), and Beat Hard Young Man / Feel The Rhythm (as Mally Watson & Tom Vuma). In 1980 he decided to record an instrumental album using his favourite instrument, the guitar. As the album was targeted at the Afrikaans community, and as he was uncomfortable with speaking the language, this posed a problem came time for interviews and such. He then decided to wear a mask and to keep his identity a secret, and Die Kavalier was born. After 9 successful albums and many live appearances, his popularity began to wane, and he continued his career behind the scenes as a producer. His last live appearance was at the 1989 “Keep It Country Show” at the Rand Show in Johannesburg. This song is off the album “Die Kavalier Bring Hulde Aan Afrikaanse Treffers”, released in 1984.
Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day 32
0
03:07

Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day 32

Chris is in distress this day, but still has a magical show at the Theater de Kom in Nieuwegein, The Netherlands. November 12. Part of the Chris Chameleon Theater Tour to Belgium and the Netherlands.