#SKOOLMETDIEBESTEGEES – 25 Augustus Maragon Olympos
Volgens die woordeboek beteken wow “Expressing astonishment or admiration. A sensational success. Impress and excite (someone) greatly.” En dan kan ons met volle oortuiging sê dat alles aan Vrydag, 25 Augustus 2018 WOW was! Die #GROOTontbyt het vanoggend die #WOWtelethon vir #WOWcharity om 06:00 afgeskop en net daarna het die GROOT-gees-span saam met Ruben Delmage die pad geslat na Maragon Olympus vir #SKOOLMETDIEBESTEGEES.
Die ‘cheerleaders’ se opkoms met Harleys, fietse en super hero outfits het ons geWOW. Die skoliere se unieke idees om hoedens uit herwinningsmateriaal te maak en die seuns se krete daarmee saam was WOW. Die leerlinge se gees vir mekaar en vir hul skool het vir ons geWOW. ‘n Ouditorium waar hoendervleisgewende gees beleef kon word met hul weergawe van #GAANbos was WOW. Maragon Olympus se #GROOTgees was WOW! Om dus op te som… ons het ‘n #WOW dag gehad!
