ou ramkietjie – SAUK TV https://sauktv.com Neem Ons Erfenis en Toekoms Terug! Sun, 12 Aug 2018 11:41:56 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.0.6 https://sauktv.com/wp-content/uploads/2018/09/sauktvlogo-150x150.jpg ou ramkietjie – SAUK TV https://sauktv.com 32 32 246496636 Gehoor van Dawie Couzyn, wel hy was ‘n bekende sanger en ‘n liedjieskrywer https://sauktv.com/gehoor-van-dawie-couzyn-wel-hy-was-n-bekende-sanger-en-n-liedjieskrywer/ https://sauktv.com/gehoor-van-dawie-couzyn-wel-hy-was-n-bekende-sanger-en-n-liedjieskrywer/#respond Sun, 12 Aug 2018 11:41:50 +0000 http://sauktv.com/?p=2275 Mauritz David Wilhelmus (Dawie) Couzyn is op 27 Junie 1925 in Pretoria gebore en matrikuleer op Pietersburg.

Dawie Couzyn (1925–2010) was ‘n Suid-Afrikaanse sanger en skrywer. Hy verwerf bekendheid as internasionale operasanger (bariton), maar keer in die 1970’s op ‘n permanente basis na Suid-Afrika terug. Hy was ’n solis van die Weense Kämmeroper en het gereeld aan programme van die BBC in Londen en Radio Wien deelgeneem. As skrywer is hy bekend vir sy digkuns. Hy het ook talle gewilde liedjies vir Afrikaanse kinders saam met die sopraan Doris Brasch opgeneem.

Vir twaalf jaar lank is hy joernalis en hy stig selfs en is redakteur van die sosialistiese Afrikaanse tydskrif Die nuwe stem in Johannesburg, wat tot niet gaan net voor die 1948 verkiesings. Gedurende hierdie tyd neem hy as bariton sangles in Pretoria by die bekende skrywer Stella Blakemore en later in Johannesburg onder Margaret Roux, Bruce Anderson en veral Olga Ryss. https://sauktv.com/gehoor-van-dawie-couzyn-wel-hy-was-n-bekende-sanger-en-n-liedjieskrywer/feed/ 0 2275