Mal Oor Jou – SAUK TV https://sauktv.com Neem Ons Erfenis en Toekoms Terug! Sat, 04 Aug 2018 14:43:02 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.0.4 https://i0.wp.com/sauktv.com/wp-content/uploads/2018/09/sauktvlogo.jpg?fit=32%2C23&ssl=1 Mal Oor Jou – SAUK TV https://sauktv.com 32 32 246496636 Die lang verwagte Tarryn Lamb se album tref die rakke https://sauktv.com/die-lang-verwagte-tarryn-lamb-se-album-tref-die-rakke/ https://sauktv.com/die-lang-verwagte-tarryn-lamb-se-album-tref-die-rakke/#respond Sat, 04 Aug 2018 14:42:57 +0000 http://sauktv.com/?p=2179 Die gewilde Tarryn Lamb het die land gaande oor haar met haar treffer enkelsnit, Mal Oor Jou, en haar langverwagte album met dieselfde titel is pas uitgereik. Dié veelsydige sangeres is ’n welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het.

Mal Oor Jou bevat veertien snitte waarvan die meeste uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen kom. Dié betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by haar volwasse gehoor.

’n Duet saam met die immergewilde Jay du Plessis, Afgrond, en een saam met Kevin Leo, Ed Sheeran se Perfect, is ingesluit vir verdere luistergenot.

Aanhangers sal van die eerste noot op dié album, tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking van Laurika Rauch se bekende treffer, Blouberg se Strand, meegevoer wees.

Saam met die album se uitreiking, is ’n splinternuwe musiekvideo ook reeds beskikbaar vir die eerste snit op die album, Vier Woorde. Die musiekvideo vir Mal Oor Jou]]> https://sauktv.com/die-lang-verwagte-tarryn-lamb-se-album-tref-die-rakke/feed/ 0 2179