Langpad – SAUK TV https://sauktv.com Neem Ons Erfenis en Toekoms Terug! Sun, 29 Jul 2018 10:35:01 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.0.4 https://i0.wp.com/sauktv.com/wp-content/uploads/2018/09/sauktvlogo.jpg?fit=32%2C23&ssl=1 Langpad – SAUK TV https://sauktv.com 32 32 246496636 Nuwe musiekvideo uit deur SAARKIE – Langpad https://sauktv.com/nuwe-musiekvideo-uit-deur-saarkie-langpad/ https://sauktv.com/nuwe-musiekvideo-uit-deur-saarkie-langpad/#respond Sun, 29 Jul 2018 10:34:58 +0000 http://sauktv.com/?p=2123 “Ons nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl ons aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan ons ook soos tyd nie stil nie, maar bou ons elke dag verder aan ons plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf,” verklap SAARKIE oor die tema agter die musiekvideo van hulle nuutste treffer, Langpad, wat die afgelope Vrydag op die kykNET Top 20 vrygestel is.

Die konsep van die video is deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen (mede-regisseur, redigeerder en kameraman), Mjön van Blommestein (mede-regisseur) en kameraman, Thabi Modotuane, uitgedink en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.

2123