Jurie Els – SAUK TV https://sauktv.com Neem Ons Erfenis en Toekoms Terug! Thu, 06 Sep 2018 22:46:08 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.1.3 https://sauktv.com/wp-content/uploads/2018/09/sauktvlogo-150x150.jpg Jurie Els – SAUK TV https://sauktv.com 32 32 246496636 ‘N Kort ek kragtige Bio van die wel bekende sanger Jurie Els https://sauktv.com/n-kort-ek-kragtige-bio-van-die-wel-bekende-sanger-jurie-els/ https://sauktv.com/n-kort-ek-kragtige-bio-van-die-wel-bekende-sanger-jurie-els/#respond Thu, 06 Sep 2018 22:46:06 +0000 http://sauktv.com/?p=2419 Jurie Els is ‘n bekende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Hy het bekendheid verwerf toe hy in 1991 as die algehele wenner van die eerste Noot vir Noot TV-vasvraprogram op televisie uit die stryd getree het. Els begin sy sangloopbaan in 1993 deur saam met Ken Mullan voor regstreekse gehore op te tree.

Sy album Vat-Vat, was ‘n platinumverkoper in 1995. Sedert 1994 het hy 36 albums/DVD’s die lig laat sien. Hy het sedert 1984 meer as 600 liedjies se lirieke vir meer as 50 Suid-Afrikaanse kunstenaars geskryf, insluitende treffers vir kunstenaars soos Sonja Herholdt, Rina Hugo, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Robbie Klay, OTH, Joanna Field, Caroline du Preez, Nádine en Patricia Lewis.

Els matrikuleer in 1981 van die Hoërskool Vrede en trou in 2005 met die hoogspringer en tweemalige Olimpiese silwermedalje-wenner Hestrie Cloete. Hulle het twee kinders: Chrizette en Jason John Els.


]]> https://sauktv.com/n-kort-ek-kragtige-bio-van-die-wel-bekende-sanger-jurie-els/feed/ 0 2419