Droomvanger – SAUK TV https://sauktv.com Neem Ons Erfenis en Toekoms Terug! Sun, 10 Jun 2018 12:36:22 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.0.4 https://i0.wp.com/sauktv.com/wp-content/uploads/2018/09/sauktvlogo.jpg?fit=32%2C23&ssl=1 Droomvanger – SAUK TV https://sauktv.com 32 32 246496636 ’n Ietsie nuurts vir die Noord-Kaap:- Droomvanger Orkes https://sauktv.com/n-ietsie-nuurts-vir-die-noord-kaap-droomvanger-orkes/ https://sauktv.com/n-ietsie-nuurts-vir-die-noord-kaap-droomvanger-orkes/#respond Sun, 10 Jun 2018 12:36:21 +0000 http://sauktv.com/?p=1779 Die splinternuwe vierstuk-orkes, Droomvanger, wat bestaan uit Pierré Meintjes (sang en klavier), Warrick Waddington (kitaar), Rikus Maritz (baskitaar) en Ryno Groenewald (dromme), is reg om die Noord-Kaap in alle glorie te verteenwoordig.

Die groep het tans hul eerste demosnit Erkenning opgeneem en nóg opwindende musiek vloei reeds deur hul pen. Ryno en Pierré skryf die musiek saam. “Ek pen die woorde en Pierré sit die melodie by op die klavier. Ons is regtig ’n goeie span,” sê Ryno.

Erkenning is ’n jaar terug geskryf en vertel die storie van hoe mens so ’n bietjie moet lewe. “Bring vir my die donker, sak vir my die son is metafories vir die aand, wat beteken dat ons slegs dan met ons geliefdes en vriende kuier, omdat ons deur die dag te besig is met werk of ander verpligtinge,” vertel Ryno.

Die groep spog reeds met tien oorspronklike liedjies wat reeds geskryf, gekomponeer en ingeoefen is. Boonop tree hulle vir die eerste kee]]> https://sauktv.com/n-ietsie-nuurts-vir-die-noord-kaap-droomvanger-orkes/feed/ 0 1779